Ons is nie ‘n tradisionele makelary nie. Ons bied persoonlike diens vir al jou versekeringsbehoeftes. Ons versekering is effektief en sonder onnodige draadwerk en ons premies is mededingend.
Ons bied persoonlike diens met die ondersteuning van ‘n landbou reus. Ons werk onder Certisure se lisensie wat 100% deur Senwes besit word.
Jy kan dus rustig slaap met jou versekering in ons hande.
Korttermynversekering.
Korttermynversekering wat jou bates teen onverwagte risiko’s beskerm. Jou welvaart en volhoubaarheid is ons prioriteit.
Oesversekering.
Oesversekering vir jou gewasse is noodsaaklik vir boere in Suid Afrika. Dit verseker jou oeste teen onvoorspelbare weersverskynsels, natuurrampe en ander risiko’s. Dit verseker 'n volhoubare toekoms vir die landboubedryf en help boere om staande te bly te midde van ‘n uitdagende ekonomiese klimaat. Ons werk graag vir jou ‘n pakket uit wat jou sak sal pas.
Ons verseker jou volhoubaarheid.
Wanneer ongeluk jou tref, kan jy gerus wees dat jou versekering veilig is by ons.
Ons is daar om jou belange te bewaar en jou makelaar is net ‘n oproep ver, 24/7.
Ons werk pro-aktief.
Tegnologiese vooruitgang en kuber sekuriteit is van kardinale belang en het ons ook hier verskeie opsies beskikbaar.
Deur pro-aktief na jou risiko te kyk kan ons die meerderheid gevare identifiseer en verseker. Ons gee persoonlike diens wat jou unieke behoeftes ondersoek en aanspreek.
Ons span
Ons het ‘n klein maar dinamiese span wat seker maak dat ons vinnige en persoonlike diens lewer. Jy werk altyd net met een van ons spanlede en daar is geen “call centre” of onpersoonlike diens nie.